SAKEKAMER VAN DIE JAAR FINALIS

CBI – Ceres se Sakekamer is benoem as een van die finaliste van die Sakekamer van die Jaar. Die ander 2 finaliste is Stilbaai Sakekamer en George Business Chamber.

Die beoordelaars se stemme sal 50% van die finale stemme tel, met JULLE wat die ander 50% van die stemme sal uitmaak.
Gaan stem asb vir ons by:
Die stembus is oop vir almal, maar jy kan slegs een keer stem. Die stembus sluit op Vrydag, 5 November, met die wenners wat tydens die AHi se virtuele Algemene Jaarvergadering op Vrydag, 12 November, regstreeks bekendgemaak sal word.

Om jou sitplek vir die virtuele jaarvergadering te verseker, klik hier: https://bit.ly/AHIEmpoweringEntrepreneurs.
Deel gerus die plasing met jou vriende, familie en kennisse!