whlogonuut.jpg
Voortrekkerstraat 35, Ceres, 6835
35 Voortrekker Street Ceres Western Cape 6835 ZA

DIE Witzenberg Herald is sedert 1997 die amptelike spreekbuis van die Witzenbergstreek.

Die koerant is in Februarie 1997 begin. Oor twee dekades het die Witzenberg Herald homself as een van die top dorpskoerante in Suid-Afrika gevestig. Die afgelope paar jaar is Witzenberg Herald een van die top 10 klein dorpskoerante in Suid-Afrika asook die wenner van die beste voorblaaie in 2005, 2009 en 2011. Witzenberg Herald is in 1997 deur wyle Piet Snyman saam met Francois en Erika Snyman begin. Oor die jare het die koerant gegroei en is nou na 20 jaar onlosmaaklik deel van die Witzenberg gemeenskap. Ceres maak die grootste deel van die verspreidingarea uit met koerante wat ook op Tulbagh, Wolseley, P.A. Hamlet, Op-die-Berg en omliggende plase versprei word. Redaksioneel en uitleg word behartig deur Francois, Erika is verantwoordelik vir die opstel en verkoop van advertensies en administrasie, Rina Neethling is verantwoordelik vir ontvangs en geklassifiseerde advertensies. Frans Joubert en Daniël de Bruyn is verantwoordelik vir die koerant se aflewering aan kafees en afsetpunte. Suzette du Plessis is verantwoordelik vir rekeninge.

whlogonuut.jpg 4 years ago
  • You must to post comments
Showing 1 result
Rating
Featured/Unfeatured
Claimed/Unclaimed

No entries were found.

Showing 0 results