SKOONVELD & MITCHELLSPAS PROJEK
SKOONVELD
1. In 2020 is 269 hektaar in Mitchellspas en agter Koekedouw dam gevee. Hierdie is meestal areas wat in 2019 deur Table Mountain Fondse ‘n eerste skoonmaak gekry het en nou in stand gehou moet word.
2. Ernstige aandag word aan verskeie indringerplante soos sesbania,selonsroos.Digte infestasies het ‘n swaar saadbed geskep wat intense aandag verg.
3. Gereelde instandhouding en opvolg aksies word met beskikbare fondse gedoen.
4. Die langtermyn beplanning is om 900 hektaar te doen en instand te hou.
BESKRYWING | 2019 | 2020 |
---|---|---|
Saldo 1 Januarie | R286 992.00 | R342 287.00 |
Skenkings Ontvang en Rente | R101 595.00 | R92 937.00 |
Uitgawes van veeaksie | R46 300.00 | R127 800.00 |
Saldo 31 Desember | R342 287.00 | R307 424.00 |
Mikpunt om impak te maak | R250 000.00 | R350 000.00 |
MITCHELLSPAS PROJEK
1. Na aanleiding van ‘n baie negatiewe kommentaar van ‘n toeris wat in die sosiale media verskyn het, oor die haglike toestand van die piekniekplekke in Michellspas, het CBI besluit om betrokke te raak om ons dorp se naam te beskerm.
2. CBI, Munisipaliteit en Provinsie werksaam om Michellspas ‘n netjiese vertoonvenster vir Ceres te maak. Skoonmaakspan maak weekliks skoon. Tans word ‘n kamera geinstalleer om kontrole uit te oefen.
Ons doen ‘n ernstige beroep op die publiek om nie rommel by hierdie pragtige uitkykpunte te strooi nie. Neem ook kennis dat dit onwettig is daar te braai, dit is ‘n natuurreservaatgebied. Natuurliefhebbers kan gerus met ons skakel as hulle wil betrokke raak by die projek.
3. Hierdie is ‘n ongelooflike bate en vertoonvenster vir Ceres, wat tans ons dorp ‘n swak naam gee.
.