BETROKKENHEID & PROJEKTE 2020/2021
CBI BETROKKNHEID EN PROJEKTE – 2020 /2021
(Saam met verskeie vennote)
Munisipaliteit – MOUC samewerking, CBI/Mayco strategiese gesprekke
Entrepreneurs – ondersteuning en bevordering van klein besighede
Ceres Toerisme– – dien op die Dagbestuur en betrokke by uitbrei van aktiwiteite
Togryers Museum – Historiese roete , Aardbewing herdenking
SMME Indaba – jaarlikse kleinbesighede uitstalling by HKKF FEES
Publieke Vervoer – spreek sake van taxi’s/vragmotors in CBD area aan
Gemeenskap Polisiëring – skakel met bevelvoerder en plaaslike SAPS kantore
Dept Onderwys/ Matriekfonds – Betrokke by verskeie platforms, staan behoeftige gr. 10 leerders by met verdere studies
Dept Gesondheid – dien op plaaslik hospitaal raad
Landbou – dien op Agri-Witzenberg bestuur end eel in verskeie projekte
Sekuriteits Forum – CCTV kameras en beheerkamer vestig: Ceres tot Hamlet
Ceres Dorp – opgradering en deels betrokke by hoofstrate en ingange
WAPLOG – bemagtiging en inisiëring van Vervoer maatskappy in samewerking met DRDLR
Skoon Veld – ondersteunende rol met skoonmaak van indringerplante
Valley of Abundance – betrokke om gemeenskap se morele waardes positief te bevorder.
VISIE
Om die ekonomie binne die Ceres streek te groei.
MISSIE
Ceres Besigheidsinisiatief (CBI) wil op ‘n onselfsugtige, eerlike, en inklusiewe wyse, die Ceres Sakegemeenskap bevorder deur die bou van langtermyn vertrouensverhoudinge en innoverende inisiatiewe.
DOELWITTE:
- Dit is noodsaaklik om brûe te bou tussen die Munisipaliteit en sakegemeenskap om uitdagings die hoof te bied.
- Verseker ‘n skoon en veilige dorp wat toeriste, besighede en die gemeenskap kan geniet en ten volle kan benut.
- Bring ekonomiese groei tot stand, skep geleenthede vir entrepreneurs en bevorder ‘n doeltreffende kommunikasiestelsel.
- CBI moet eenstemmig met die Munisipaliteit praat oor lewering van dienste teen billike pryse.